< Terug naar codex

Gertjie

Pagina: 434/434

'Just before the battle, Mother' van George Frederick Root
 
Wanneer kom on troudag, Gertjie, Gertjie
Hoe 's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al Gertjie, Gertjie
Dit is tyd dat ons gaan trou.
Keerzang:
Glo tog Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
Nog langer an jou sleeptou bly nie, bly nie
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie
Maar my jare gaan verby.

'k Hoor jy is verliefd op Sarie,
Maar die pret moet jy laat staan.
Pas maar op vir Pieter en Dania,
Hul is kêrls, wat somaer slaan.

Jy weet, as ons Sondags kuier,
Agter om die kop verby
Dan seg ek: Nonnie, lig jou sluier
Kom en gee een soen vir my.

Jannie, al die soentjes help nie
Kyk vir Pieter en vir Griet;
Vandaag wil hul mekaar nie hê nie,
Al die soentjes is verniet.

Ons moet dan die pret maar staan laat,
Ons moet maar die soen laat bly;
Ek sal myn eie pad dan kry maar,
En jy kan na Sarie vry.