Ou tante Koba, die is so dom, Sy roer haar koffie met haar groottoon om Ou tante Koba die is so bly, Sy denk, sy sal een skoonseun kry.
Keerzang: Dis nie myne nie, dis nie jouwe nie Dis 'n andermans goed, waar jullie om stry; Andermanse koffie Andermanse tee Andermanse daogter die dans jullie mee.
Lank is die seun, en kort is sy pa Mooi is die dogter en lelik haar ma Dis te ver te loop en te na om te ry Hoe sal ek maak om die blom te kry?
Bo op die berg daar staan 'n blom Ek weet nie hoe te maak om by te kom; My perd is dood en my os is lam, Dis 'n andermanse goed, waar jy om kamp. | |