< Terug naar codex

Sarie Mareis

Pagina: 437/437

Joan van Niekerk
 
My Sarie Marais is so ver van my hart
Maar'k hoop om haar weer te sien
Sy het in die wyk van die Mooi Rivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin
Refein:
O bring my trug na die ou Transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mielies
By die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mielies
By die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais

Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
Daar onder langs die Grootrivier

Die Kakies is mos net soos 'n krokodille pes
Hulle sleep jou altyd water toe
Hul gooi jou op n skip vir 'n lange, lange trip
Die josie weet waarnatoe

Verlossing die kom en die huis toe gaan was daar
Terug na die ou Transvaal
My lieflingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon