| Bolands Noointjie, stil is die nag Soet sy jou ruste na lang, lange dag
 Aans in my drome kom ek na jou
 Smagtend na lonkies uit oë so blou
 Berge en dale kan ons nooit skei
 Want in die droomland ontmoet jy vir my.
 
 Keerzang:
 Bolands Noointjie, stil is die nag
 Kom in jou drome, o liefste ek wag. (bis)
 
 Bolands Noointjie , sluimer nou sag
 Ver in die droomland ontmoet ons vannag
 Daar waar die blomme weelderig groei
 Daar waar die strome sagmurmelend vloei.
 Soos in vergange dae weleer
 Troos ons mekander met soentjies so teer.
 |