Ek dink weer vanaand aan die brug op ons plaas, gebou oor 'n heldere stroom, want daar het my Lenie en ek vaak, helaas! van liefd' in die maanskyn gedroom. Dis daar waar ek haar het gevra en sy my gesê het dat ek haar kan kry. En skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug.
[KOOR] Ek hoor nog die stroom se geluid, ja'k hoor nog die voëltjies fluit, en skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug.
Hoe dikwels het ons twee nie daarop gestaan en blomme gepluk by die brug? Hoe dikwels het ons nie die paadjie gegaan om daar saam te lag of te sug? Maar toe moes ons skei, moes ons weg van mekaar en liefd' en beloftes laat vaar. O, dat ek een uur, net een uurtjie terug weer kan vlug na die plek by die brug.
[KOOR] Ek hoor nog die stroom se geluid, ja'k hoor nog die voëltjies fluit, en skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug.
Ons vriendskap van ouds is nog in my gemoed, so fris as in jare voorheen; nog diep in my hart klink jou stem, lief en soet, en fluister my in: "Hou maar moed!" Ek dink aan jou snags as die sterretjies blink, die lied van die nagtegaal klink, want dan gaan my hart met genot nog eens t'rug na die plek op ons plaas by die brug.
[KOOR] Ek hoor nog die stroom se geluid, ja'k hoor nog die voëltjies fluit, en skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug |