< Terug naar codex

Die stem van Suid-Afrika

Pagina: 290/290

C.J.Langenhoven / M.E. de Villiers
 
1.
Uit die blou van onse hemel,
uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes
met ie kreun van ossewa --
Ruis die stem van ons geliefde,
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe --
ons vir jou, Suid-Afrika!

2.
In die merg van ons gebeente,
In ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel,
van ons wieg tot aan ons graf --
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland! Ons sal die adel
van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners --
Kinders van Suid-Afrika.