1. Die sweep het geklap, en die wawiele draai, al agter die rooispan aan. Ons hart is swaar, die skeiding is daar, van die plaas waar ons tuis te staan.
keerzang: Trek oor die vlakte, en trek oor die rand ! Stadig nou, briek aan draai. Hot agter ! Haar agter ! Vat nou die wa ! Geluk lê net om die draai ! Uitspan vanaand, uitspan vanaand, uitspan op Mooifontein ! Hot agter ! Haar agter ! Vat nou die wa ! Geluk lê net om die draai !
2. Met jou aan my sy, o liefste van my, dan vrees ek geen gevaar. Die wildernis in om die vryheid te win, daar word ons drome waar. |