< Terug naar codex

En as ek kom te sterwe, lief

Pagina: 432/432

 
En as ek kom te sterwe,
lief, sing dan g'n klaaglied nie
Plant dan g'n rose op my graf )
of koel sipresse nie. ) bis
Laat net die groen gras bo mie wees,
die reën en die môre dou
En as jy wil, vergeet my
en as jy wil onthou.

Want skadu's sal'k nie sien,
of voel hoe dat die water week
nie hoor hoe dat die voëltjies sing
as of hul harte breek.

Maar ek sal altyd drome droom
in die skemer; wie weet
Miskien sal ek daar nog onthou,
miskien sal ek vergeet.