< Terug naar codex

Kittie

Pagina: 431/431

 
Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie,
ver in die wêreld, Kittie, Kittie oor die see.
Sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
maar sy laat haar nie verraai,
sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
maar sy laat haar nie verraai.

Al in die rondte, Kittie, Kittie, Kittie,
al in die rondte, Kittie, Kittie om die draai.
Hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
maar sy hou haar bymekaar,
hy swaai haar hier en hy swaai haar daar,
maar sy hou haar bymekaar.

Wie is die kêrel, Kittie? Kittie? Kittie?
Wie is die kêrel, Kittie, wat so knaend draai?
Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
maar sy flous hom elke maal.
Dis Piet de Waal wat die paal wil haal
maar sy flous hom elke maal.