< Terug naar codex

Nooi van die velde

Pagina: 428/428

Willem Jacobus du Plooy Erlank (Eitemal)
 
1. O Nooi van die velde, wat is jy tog skoon !
Ek het jou in stede nog nimmer sien woon,
Maar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is mooier die noointjies en beter die wyn.

Tra la la la ...

2. O Nooi van die velde, wat is jy tog mooi !
Met wange wat gloei van die môre se rooi.
Daar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is rooier die lippies en rooier die wyn.

3. O Nooi van die velde, jou kus en jou lag,
soos water wat kabbel oor klippies so sag.
Daar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is soeter die soentjies en soeter die wyn.

4. O Nooi van die velde, jou oë behou
die gloed van die hemel se sonnige blou.
As selfs op die velde die somer verdwyn,
bly warm die liefde en warm die wyn.